ʼn Kort Geskiedenis van Szechwan Losie Nr. 4

Szechwan Losie word op die 28 Januarie 1936, in die stad van Cheng-Tu, in die Szechwan provinsie, Sjina in die lewe geroep. Dit staan bekend as Szechwan Losie Nr. 112, en ontvang sy Oktrooi vanaf die Grootlosie van die Filippyne.

Op 28 Maart 1949 word Szechwan Losie geheroktrooi onder die jurisdiksie van die Grootlosie van Vry & Aanvaarde Vrymesselaars van Sjina (GLOC), as Szechwan Losie Nr. 4.

Op 29 Maart 1957, in die stad Taichung, Taiwan (Republiek van Sjina) word Szechwan Losie Nr. 4 weer geaktiveer nadat dit vir ʼn ruk lank in duisternis verkeer het. Eerwaarde Broeder James David Low word verkies as die eerste Eerwaarde Meester van die nuwe geaktiveerde Losie in 1957 en ook weer in 1958.

Szechwan Losie het ʼn moeilike tyd in die begin beleef, omrede dit geen permanente ontmoetingsplek gehad het nie. En in 1961 het die regerende E∴Br∴ Wego W.K. Chiang gereël dat ʼn spesiale vertrek in I-Ning Middle School as ʼn permanente ontmoetingsplek vir Szechwan Losie Nr. 4 geskenk word. Die spesiale Losie-saal was ontwerp deur die H∴E∴Br∴ S.S. Yuan. In 1973 word Szechwan Losie Nr. 4 gedwing om na die ou MAAG NCO Club op die Min-Chuan Pad te skuif. Na ʼn jaar moes die Szechwan Losie weer skuif en die keer skuif dit na Nr. 3, Laan 65, Hisn-Ping Straat.

Szechwan Losie Nr. 4 verskuif uiteindelik na Long-Tan County (Taoyuan). Tans vergader die Broeders van Szechwan Losie Nr. 4 by die China Masonic Temple in Taipei, waar hulle hul werksaamhede tot vandag toe nog voortsit.